Inskrywings Opsies


* Skoolfonds is aangedui per kleuter per maand en is oor 12 maande betaalbaar. Gebruik asseblief die kind se naam en van as verwysing as u ‘n betaling maak.

Die skoolfonds moet voor die 3de van elke maand betaal word. Indien skoolfonds uitstaande is en geen reeling word getref nie, sal u versoek word om u kleuter tuis te hou todat die uitstaande fooie vereffen is

Ons fooie vir 2025

HALFDAG

7:00 - 17:00*


R4350**

Buitemuurse aktiwiteite is ingesluit

HALFDAG

7:00 - 14:00*


R3800**

Buitemuurse aktiwiteite is ingesluit

3 DAG WEEK

7:00 - 17:00*


R3300**

Buitemuurse aktiwiteite is ingesluit

Maandag, Dinsdag, Woensdag

(Beperkte spasies beskikbaar)


2 DAG WEEK


7:00 - 17:00*

R2550**
Buitemuurse aktiwiteite is ingesluit


Donderdae & Vrydae



(Beperkte spasies beskikbaar)

** Skoolfonds is aangedui per kleuter per maand en is oor 12 maande betaalbaar.
** Skoolfonds sluit in Equine Stimulation (Ponieritte) vir 3-5 jariges en Babynastix vir 0-2 jariges

Hoe Begin ons Dag?

*Verkennertjies open om 6:45 vir aflaai en sal oop bly tot 17:30 vir oplaai, let wel op Vrydae sluit ons 17:00.

Om 7:00 sal daar opvoedkundige speelgoed en aktiwiteite uitgepak wees. Die kinders kan binne of buite die klaskamer hulle wêreld verken.

Kleuters eet 8:00 ontbyt.

Die formele program begin stiptelik om 8:30.

Indien ‘n ouer a.g.v. ‘n krisis nie betyds gaan wees om die kleuter/kleuters 17:30 of Vrydag om 17:00 op te laai nie, moet die skool asseblief
betyds in kennis gestel word. Indien die aangeduide persone nie die kleuter gaan kom oplaai nie moet die skool in kennis gestel word, anders gaan ons ongelukkig nie die kleuter toelaat om die perseel te verlaat nie.


Registrasiegelde & Deposito

Registrasie vir 2025 beloop R950,00 per kind.

Hierdie gelde word aangewend vir die instandhouding en administrasie take. (Gebruik asb u kind se naam en van + REG2025 as verwysing)

’n Deposito van R1500 is betaalbaar en sal aangewend word as betaling vir die kennismaand.

Vakansietye

Verkennertjies is NIE gesluit tydends skoolvakansies NIE, behalwe in die Junie/Julie skoolvakansie sal die kleuterskool vir EEN week van die vakansie gesluit wees. Die juffrouens bied ’n vakansieprogram aan tydens skoolvakansies.

Onderwysstudente en die assistente kan ook gebruik word om ‘n vakansieprogram aan te bied. 

Kennisgewing

Daar moet asb een kalendermaand kennis gegee word indien u kind Verkennetjies verlaat gedurende die jaar. Fooie word bereken oor ‘n 12 maande periode – dus, kan ons ongelukkig nie November as ‘n kennismaand aanvaar nie.

Verkennertjies is
NIE gesluit tydends skoolvakansies NIE, behalwe in die Junie/Julie skoolvakansie sal die kleuterskool vir EEN week van die vakansie gesluit wees, asook gedurende die Desember skoolvakansie. Die juffrouens bied ’n vakansieprogram aan tydens skoolvakansies. Onderwysstudente en die assistente kan ook gebruik word om ‘n vakansieprogram aan te bied.

Nog Enige Vrae oor Registrasie?

Los graag n boodskap en ons kom terug na jou toe!

KONTAK ONS