ALGEMENE INLIGITNG

Wie is Ons?

Verkennertjies Babasentrum en Kleuterskool is ‘n tweede huis vir al ons babas en kleuters. Klein lyfies word met liefde toegevou sodat alle aspekte van hulle kleine menswees deur ‘n holistiese benadering ontwikkel kan word.


Ons klaskamer aktiwiteite en speelgrond aktiwiteite word dan so opgestel dat kleuters, die konsepte wat in die klas bekend gestel word verder kan verken om sodoende betrokke by hulle eie leer avontuur te wees. Ons kleuterskool is reg deur die jaar oop behalwe vir een week in die winter skoolvakansie asook tydens die Desember skoolvakansie.


Ons kleuterskool bied:

❖ ‘n Buitegewone leerprogram en spel geleenthede van 7:00 to 17:00

❖ Stimulerende kurrikulum

❖ Top gehalte fasiliteite

❖ Stedelike boerdery waar kinders leer om na diere om te sien

❖ Stedelike landbou waar kinders leer om groente te groei

❖ Inleiding tot kodering as deel van die kurikulum

❖ Voorgeletterdheids program aangebeid deur ‘n Spraak- en Taalterapeut

❖ Leeshoekie

❖ Gesonde kosvoorsiening

❖ Goeie sekuriteit: Veilige woonbuurt, CCTV kamera’s, sekuriteits reaksie firma

❖ Optionele buitemuurse aktiwiteite


Inpaklysie:

Januarie en Julie (eenmalige voorsiening twee per jaar)

4 x bokse snesies

9 x rolle toiletpapier

8 x pakke ‘wetwipes’’


Daagliks:

Kleuters wat klaar ge-‘potty train’

- ’n Tassie of sak wat duidelik gemerk is

- Sonhoed

- Trui of baadjie

- Extra stel klere met onderklere

- Waterbottel

- ’n Gesonde snacky vir 10:00

- Sonroom

- Kussing en kombersie

 

Kleuters wat nog nie ge-‘potty train’

- ’n Tassie of sak wat duidelik gemerk is

- 5 doeke per dag

- Boudsalf

- Wetwipes

- 4 Stelle klere

- ’n Gesonde snacky vir 10:00

- Sonhoed

- Trui of baadjie

- Waterbottel

- Sonroom

- Kussing en kombersie 


Medikasie Beleid en Prosedures:

Siek kleuters: Vir die gesondheid en veiligheid van al die kinders, is dit noodsaaklik dat siek kinders nie skool toe gebring word nie.

As ‘n kleuter enige van die volgende simptome gedurende die nag ontwikkel, sal hy/sy nie die volgende dag by die skool toegelaat word nie:

• Koors – meer as 38 C̊

• Braking

• Diaree

• Pink eyes/rooi oë

• Aanhoudende hoes

• Kroep

• Enige kindersiekte

• Vreemde uitslag

• Geel/groen neus


Siek kleuters mag na die volgende tydperke terugkeer skool toe:

• Waterpokkies: een week na aanvang (of wanneer letsels korsagtig is)

• Witseerkeel: 24 uur na die aanvanklike medikasie gegee is.

• Braking en diaree: 24 uur na laaste episode.

• Pink eyes/ ander oog-infeksie: totdat simptome verdwyn.


Wanneer kinders deur die loop van die dag siek word by die skool, sal die ouers/voogde gekontak word, daar sal versoek word dat die kleuter by die skool gehaal word. Indien ‘n kind se koors 38°C is, sal die ouer in kennis gestel word en die kleuter sal so vining as moontlik gehaal moet word. Wanneer die ouer telefonies toestemming gee, kan ons ‘n pynstroop gee om die koors onder beheer te bring.

Medikasie prosedures: GEEN MEDISYNE MAG IN KLEUTERS SE TASSE GEBêRE WORD NIE!!! Die skool sal alleenlik medikasie toedien met skriftelike goedkeuring van ouers/voogde. Juffrou moet skriftelik deur die ouer in kennis gestel word per WhatsApp met ’n aanduiding van die dosis wat gegee mag word.

Die volgende inligting moet verskaf word t.o.v medisyne

• Naam van medikasie.

• Kleur van medisyne. (in spuit)

• Dosering

• Tyd wanneer medisyne toegedien moet word.


Medikasie moet reeds tuis in ‘n spuit opgetrek word en in ‘n “ziplock” sakkie gesit word. Die sakkie moet duidelik gemerk word met die kind se naam en van. Hierdie maatreël is om oordosering te voorkom en daardeur die kleuters en onderwysers te beskerm.


Waar moontlik moet die eerste dosering van die medisyne reeds by die huis gegee word om enige allergiese reaksies waar te neem. NB! *** Geen setpille sal aan kleuters toegedien word nie ***


Noodgeval prosedures: Tydens ‘n noodgeval, sal die kleuter deur ‘n aangewysde persoon na die naaste privaat hospitaal vervoer word.


Share by: