‘n Volgehoue dagprogram is beplan om gebalanseerde leeraktiwiteite aan te bied. Leeraktiwiteite, beide formeel en informeel word beplan vir elke dag. Die Juffrou stuur elke Maandag die nuwe tema en die beplanning vir die week aan die ouers op die WhatsApp klasgroepies. Die Juffrou poog om gereeld foto’s van die babas en kleuters op die groepies te plaas.
• Bybelstories en lofprysing
• Temabesprekings
• Aanleer van liedjies en rympies
• Bekendstelling van taal en wiskundige konsepte
• Vebeeldingspel
• Perseptuele aktiwiteite
• Voorgeletterheids aktiwiteite • Inleiding tot kodering aktiwiteite
• Klein groep werk
• Groot en Klein Motoriese ontwikkeling
• Skeppende aktiwiteite (verf, knip, plak, dooskonstruksie, soutkeramiek, bak en brou)
• Sensoriese spel waar met verskeie teksture gespeel word
• Storielees en luister
• Ontwikkelingspele en kleutermusiek